Skip to content
Scan a barcode
Scan
Paperback IS DIT JY? - Avonture voor en agter die skerms [Afrikaans] Book

ISBN: 1776193563

ISBN13: 9781776193561

IS DIT JY? - Avonture voor en agter die skerms (Afrikaans Edition)

As 'n jong seun wat kaalvoet en vry grootgeword het op sy ouers se sitrusplaas in die Oos-Kaap, sou Ian Roberts nooit kon dink dat hy eendag 'n ikoon van die silwerskerm sou word nie. Vandag nog herken mense hom as die taai Bittereinder Sloet Steenkamp van Arende of as Boet van die gewilde Castrol-advertensies.


Ian se loopbaan strek van Langstraat in Kaapstad tot Los Angeles en van Shakespeare-produksies in die teater tot die Oscar-wenner Tsotsi. In sy outobiografie verklap hierdie briljante storieverteller met 'n stoute sin vir humour meer oor wat alles agter die skerms op televisie- en rolprentstelle gebeur.


Hy beskryf ook die hoogbloei van Afrikaanse televisie- en rolprentvervaardiging toe hy saam met legendariese regisseurs soos Manie van Rensburg en Dirk de Villiers gewerk het. Sy lewensverhaal is 'n meesterklas in die kuns van toneelspel.


So outentiek, vreesloos en onkonvensioneel soos wat talle van sy karakters was, s is Ian ook in die regte lewe. Hy trap sy eie paadjie en was nog nooit 'n tropbok nie. Hy deel sy lewensverhaal met soveel humor, patos en insig dat dit nie anders kan as om die leser te ontroer nie.


Recommended

Format: Paperback

Condition: New

$18.00
50 Available
Ships within 2-3 days

Customer Reviews

0 rating
Copyright © 2025 Thriftbooks.com Terms of Use | Privacy Policy | Do Not Sell/Share My Personal Information | Cookie Policy | Cookie Preferences | Accessibility Statement
ThriftBooks ® and the ThriftBooks ® logo are registered trademarks of Thrift Books Global, LLC
GoDaddy Verified and Secured